Meer oor die Reeks:

Agtergrond:

Die TuksSkole-reeks is die grootste reeks van sy soort in Suid Afrika. Die aantal sportsoorte en ook die aantal leerlinge van beide geslagte maak van die reeks die leier van onder die verskeie reeks in Suid Afrika.

Die reeks het aanvanklik begin as ‘n rugby-reeks waarin skole gepoog het om week na week teen kwaliteit teenstand mee te ding.  Die behoefte om uit te brei na ander sportsoorte het te wee gebring dat eers die “groot” dogtersportsoorte naamlik hokkie en netbal by die reeks  inkorporeer is.  So het verskeie sportsoorte hul plek in die reeks gevind en kan die reeks tans spog met nege sportsoorte wat amptelik deelneem aan die reeks en ‘n tiende – bergfietsry- wat in 2017 op vriendskaplike basis sal deelneem.

Die Universiteit van Pretoria is van die beginjare die setel van die reeks en word die Semi-en Finale op hul sportgronde aangebied. Sedert 2013 is Tuks egter die hoofborg van die reeks en is die naam verander na die TuksSkole-reeks. Alhoewel verskeie borge tot die reeks bydra  is die besluit geneem dat die naam vasgestel sal word.

Sportsoorte:

  • Rugby
  • Netbal
  • Dogtershokkie
  • Seunshokkie
  • Gholf
  • Landloop
  • Skaak
  • Tennis
  • Muurbal

Meer oor die skole:

Die volgende skole neem aan die TuksSkole-reeks deel in 2017:tuks-poele-2017

Bepalings vir 2017

Kliek op die skakel: Bepalings 2017

Reglement vir 2017

Kliek op die skakel: Reglement 2017